[Wcm] Struktuur aanpassings op Sharepoint web

Klapwijk, WOUTER <wklap@sun.ac.za> Wklap at sun.ac.za
Mon Sep 26 09:45:56 SAST 2011


Hallo,

Ek het meeste van die struktuur aanpassings aan die webblad gemaak soos Vrydag oor e-pos uitgestuur is, en al die bladouteurs kan asb voortgaan om inhoudvaslegging te doen.

Daar sal later wel nog verdere instruksies van my en Natasja volg oor sekere aspekte van inhoudvaslegging - sommige van die struktuur aanpassings vereis eers addisionele gesprekvoering met die inhoudbestuurders vir daardie omgewings (bv. Items onder "How Do I") so ek kon nie deurgaans  al die veranderinge aanbring nie.    M.b.t. die takbiblioteke se bladsye en hoe om die struktuur aanpassings daar dinamies te laat vertoon is dit vir ons onmiddelike doeleindes problematies omdat die bSOLVe bladuitleg ("page layout") nie dinamiese bywerking van die struktuur toelaat nie.  Vir eers moet die takouteurs voortgaan soos normaalweg en ek sal later die dinamiese komponent byvoeg wanneer bSOLVe se betrokkenheid tot 'n einde gekom het.  Ek sal met elke takbiblioteek persoonlik in verbinding wees hieroor vandag en môre.

Rig gerus enige navrae oor inhoudvaslegging aan my en Natasja.

Groete,
Wouter

________________________________________________________
Wouter Klapwijk
Senior software specialist
Library and Information Service, Stellenbosch University
Tel: +27 21 808-4378, Fax: +27 21 808-3723, Mobile: 083 3888 270
http://library.sun.ac.za<http://library.sun.ac.za/>

-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110926/0416b732/attachment.html>


More information about the Wcm mailing list