[Wcm] FW: Spesifikasies vir Biblioteek mobiele webtuiste

Schoombee, LUCIA <lcs1@sun.ac.za> LCS1 at sun.ac.za
Wed Aug 17 20:44:43 SAST 2011


Wat Mobi aanbetref, is my prioriteite:

SunSearch
Library hours
Training Calendar
Ask a Librarian
Mobile databases

Die res is ‘n bonus ☺

Lucia Schoombee
Navorsingsteun | Research support
Tel.: + 27 (0) 21 808-2125  • Faks | Fax: + 27 (0) 21 808-3723 • Web: www.sun.ac.za/library<http://library.sun.ac.za/>
[cid:image002.jpg at 01CC5D1E.3D2552C0]<http://www.sun.ac.za/library>

From: wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za [mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za] On Behalf Of Pretorius, Delene <dp2 at sun.ac.za>
Sent: 17 August 2011 14:05
To: wcm at lists.lib.sun.ac.za
Subject: Re: [Wcm] Spesifikasies vir Biblioteek mobiele webtuiste

Hallo Almal

Terugvoer van my kant is:


1.       SUNSearch

Yip, dit is  die belangrikste. Dit pla my egter  dat die woord ‘SunSearch’ nerens op die volledige tuisblad gaan feature nie (is nie op die Search Box nie) – nou gebruik ons dit op mobiele webtuiste – hoop  studente maak die konneksie.

Gaan My Account beskikbaar wees onder SUNSearch? Anders moet ons dit afsonderlik lys (ek sien heelwat ander mobile bib site lys dit afsonderlik maar dan het hulle seker nie vir Primo nie).

2.       Mobile databases

Yip, sal goed wees om ‘n lys te hê van die wat mobiele weergawe het. Hoe lank gaan dit egter nodig wees voordat omtrent almal mobile is?

Gaan A-Z lys van databasisse en A-Z lys van e-tydskrifte onder SunSearch gelys word (dit is op die Search Box). In so ‘n geval sal dit nie afsonderlike gelys hoef te word nie.

3.       Library Hours and Locations

Yip, dit moet in met takbibs en al.

4.       AskaLibrarian

Yip, dit moet in (wonder of OCLC ‘n eenvoudiger mobiele vriendelike webvorm het…)

5.       Research Guides

Dit moet wees Library Guides en direk deurgaan na Libguides indeks blad wat meer as net vakgidse sal lys om uit te kies (is outomaties “mobile friendly”)

6.       News and Events

Ek stel voor ons los die News  en sit net Events op. Moet ons dit nie eerder Calendar noem nie? (maw dieselfde terminologie as op die volledige website)

7.       About SUNLibrary

Ek glo nie ons hoef die gewone About inligting op mobiele webtuiste te hê nie. As daar inligting is oor SUNLibrary Mobile kan dit hier inkom, bv beperkinge van mobiele webtuiste ens.

Groete
Delene




From: wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za<mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za> [mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za]<mailto:[mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za]> On Behalf Of Klapwijk, WOUTER <wklap at sun.ac.za<mailto:wklap at sun.ac.za>>
Sent: 15 August 2011 22:22
To: wcm at lists.lib.sun.ac.za<mailto:wcm at lists.lib.sun.ac.za>
Subject: [Wcm] Spesifikasies vir Biblioteek mobiele webtuiste

Hallo,

Ons is in die proses om 'n spesifikasie saam te stel vir 'n eerste mobiele webtuiste vir die Biblioteek.  Hierdie mobiele webtuiste word saam met die konvensionele webtuiste op 1 November gelanseer en moet 'n basiese weergawe wees van die kern dienste wat die Biblioteek op 'n mobiele platform wil beskikbaar stel.  Mobiele webtuistes is vir die akademiese biblioteek domein grotendeels nog 'n nuwe inisiatief en daar moet verkieslik daarteen gewaak word om dit slegs as 'n mobiele ekwivalent van 'n konvensionele webtuiste te beskou.  Die tipiese gedrag en behoeftes van mobiele gebruikers moet in ag geneem word – soms 'n moeilike ding om te doen as mens self nie gereeld 'n mobiele gebruiker is nie.

VOORBEELDE
Om ons denke te help rigting gee kyk gerus na die volgende wiki blad waar verskeie voorbeelde van mobiele akademiese biblioteek webtuistes gelys word:  http://www.libsuccess.org/index.php?title=M-Libraries.

Let op dat meeste van hierdie webtuiste sal die konvensionele weergawe binne jou webleser laai omdat dit bespeur dat jy 'n werkstasie gebruik om toegang te verkry, so dit is die beste as 'n WAP foon of smartphone gebruik word om toegang te verkry.  Indien jy nie toegang tot so 'n apparaat het nie is dit nie nodig om na voorbeelde op die lys te kyk nie.

VEREISTES
Wat ons probeer bereik is om die 5 – 6 kern dienste wat ons op 'n mobiele platform wil beskikbaar stel te identifiseer.  Ina het die onderstaande skermafdruk saamgestel as 'n voorbeeld van sulke tipe van dienste.  Dit kan as vertrekpunt gebruik word om die dienste te identifiseer, of selfs as 'n finale stel dienste te dien.  Dit is egter belangrik dat ons ten minste eenmalig vooraf biblioteekpersoneel se insette in die verband kry, want dit is die personeel wat mettertyd eienaarskap van hierdie platform gaan neem.

Stuur asb julle voorkeure terug na hierdie lys, of stel 'n lys saam wat tydens die webkomitee vergadering Donderdag voorgelê kan word indien jy die vergadering gaan bywoon of iemand namens jou.

[cid:image003.png at 01CC5D1E.3D2552C0]

Groete,
Wouter
________________________________________________________
Wouter Klapwijk
Senior software specialist
Library and Information Service, Stellenbosch University
Tel: +27 21 808-4378, Fax: +27 21 808-3723, Mobile: 083 3888 270
http://library.sun.ac.za<http://library.sun.ac.za/>
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110817/9bfde0a4/attachment-0001.html>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image002.jpg
Type: image/jpeg
Size: 4171 bytes
Desc: image002.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110817/9bfde0a4/attachment-0001.jpg>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image003.png
Type: image/png
Size: 34419 bytes
Desc: image003.png
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110817/9bfde0a4/attachment-0001.png>


More information about the Wcm mailing list