[Wcm] Spesifikasies vir Biblioteek mobiele webtuiste

Klapwijk, WOUTER <wklap@sun.ac.za> Wklap at sun.ac.za
Mon Aug 15 22:22:19 SAST 2011


Hallo,

Ons is in die proses om 'n spesifikasie saam te stel vir 'n eerste mobiele webtuiste vir die Biblioteek.  Hierdie mobiele webtuiste word saam met die konvensionele webtuiste op 1 November gelanseer en moet 'n basiese weergawe wees van die kern dienste wat die Biblioteek op 'n mobiele platform wil beskikbaar stel.  Mobiele webtuistes is vir die akademiese biblioteek domein grotendeels nog 'n nuwe inisiatief en daar moet verkieslik daarteen gewaak word om dit slegs as 'n mobiele ekwivalent van 'n konvensionele webtuiste te beskou.  Die tipiese gedrag en behoeftes van mobiele gebruikers moet in ag geneem word – soms 'n moeilike ding om te doen as mens self nie gereeld 'n mobiele gebruiker is nie.

VOORBEELDE
Om ons denke te help rigting gee kyk gerus na die volgende wiki blad waar verskeie voorbeelde van mobiele akademiese biblioteek webtuistes gelys word:  http://www.libsuccess.org/index.php?title=M-Libraries.

Let op dat meeste van hierdie webtuiste sal die konvensionele weergawe binne jou webleser laai omdat dit bespeur dat jy 'n werkstasie gebruik om toegang te verkry, so dit is die beste as 'n WAP foon of smartphone gebruik word om toegang te verkry.  Indien jy nie toegang tot so 'n apparaat het nie is dit nie nodig om na voorbeelde op die lys te kyk nie.

VEREISTES
Wat ons probeer bereik is om die 5 – 6 kern dienste wat ons op 'n mobiele platform wil beskikbaar stel te identifiseer.  Ina het die onderstaande skermafdruk saamgestel as 'n voorbeeld van sulke tipe van dienste.  Dit kan as vertrekpunt gebruik word om die dienste te identifiseer, of selfs as 'n finale stel dienste te dien.  Dit is egter belangrik dat ons ten minste eenmalig vooraf biblioteekpersoneel se insette in die verband kry, want dit is die personeel wat mettertyd eienaarskap van hierdie platform gaan neem.

Stuur asb julle voorkeure terug na hierdie lys, of stel 'n lys saam wat tydens die webkomitee vergadering Donderdag voorgelê kan word indien jy die vergadering gaan bywoon of iemand namens jou.

[cid:2EFC9D0D-7286-4894-9563-471B8A6EB074]

Groete,
Wouter
________________________________________________________
Wouter Klapwijk
Senior software specialist
Library and Information Service, Stellenbosch University
Tel: +27 21 808-4378, Fax: +27 21 808-3723, Mobile: 083 3888 270
http://library.sun.ac.za<http://library.sun.ac.za/>
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110815/76425eec/attachment-0001.html>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: 2EFC9D0D-7286-4894-9563-471B8A6EB074.png
Type: image/png
Size: 34419 bytes
Desc: 2EFC9D0D-7286-4894-9563-471B8A6EB074.png
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110815/76425eec/attachment-0001.png>


More information about the Wcm mailing list