[Wcm] Webkomitee vergadering

Schoombee, LUCIA <lcs1@sun.ac.za> LCS1 at sun.ac.za
Sat Aug 6 15:38:53 SAST 2011


Beste Ingrid

Ek het deur my notas gegaan en besef daar was nooit 100% konsensus bereik oor die webstruktuur vir die takbiblioteke nie.  Nimbleminds het self kopgekrap hieroor en daar is nadat die "mock ups" gemaak is verskeie kere nog daaroor gepraat en voorstelle gemaak, maar dit is nooit gefinaliseer nie nie.

Drie beginsels is egter van krag: (1) Vlak 1: Die voorblad van die takbiblioteek sal ooreenstem met die tuisblad (soos Forestry.tiff<https://stbsp01.stb.sun.ac.za/vrr/library/Komitees%20%20Projekte/Forms/AllItems.aspx?RootFolder=%2fvrr%2flibrary%2fKomitees%20%20Projekte%2fKomitees%20%2d%20Committees%2fWebkomitee%20%2d%20Web%20committee%2fWebherontwerpprojek%20%20%2d%20Web%20redesign%20Project&FolderCTID=&View=%7bFE091EAF%2dF9E4%2d4108%2dBC9F%2dFDACEA54CB10%7d>)  en (2) Sover moontlik moet die inhoud van die takweb (in vlak 2: Branch.tiff<https://stbsp01.stb.sun.ac.za/vrr/library/Komitees%20%20Projekte/Komitees%20-%20Committees/Webkomitee%20-%20Web%20committee/Webherontwerpprojek%20%20-%20Web%20redesign%20Project/branch.tiff>) nie inligting herhaal wat in die "masthead" en die horisontale navigasiebalk is nie.  Dit beteken dat die inhoud van die huidige takblaaie drasties verkort kan word.  Slegs inligting wat uniek is aan die takbiblioteek sal ingesluit word (3) Die inhoud van die takwebblaaie hoef nie presies ooreen te stem nie (Bv.  Sommige het vakgidse ander het nie en sommige het fasiliteite (seminaarkamers ens) en ander het nie.

Wat vlak twee betref, het ons nie ooreenstemming bereik vir die hofies of die inligting nie. Van die hofies wat bespreek is, is:
*       Staff
*       Contact us
*       Find us
*       Calendar & hours
*       News (+new books en new resources)
*       Feedback and comments
*       Facilities
*       The collection
*       Services = slegs dit wat uniek is (*)
*       Online resources for Health Sciences (databases + e-books  + selected websites)
*       Subject guides = slegs waar van toepassing
*       Policies
*       Facilities
(Dienste wat ooreenstem met die res van die biblioteek word nie herhaal nie - bv. Access, lending, short loans, Interlending, ...)

*  Sover moontlik moet ons nie dieselfde hofies gebruik as wat in die horisontale navigasiebalk is nie (about us, search and find, services, how do I?) omdat dit verwarrend is vir gebruikers.  Moet dus met "services" 'n ander plan maak.

Ek stel voor ons hou Donderdag of Vrydag vergadering.  Ek dink as dit ek, Ingrid, Beulah en Natasja is, sal dit in orde wees,  Ons kan dan finale templaat voorstelle vir Bsolve opstel.

Ingrid, sal jy asb die vergadering reël met Outlook Calendar vir wanneer dit jou sal pas?

Groete, Lucia



Ter illustrasie - Hierdie deel bly dieselfde en dié inligting word nie herhaal binne die takwebblad (vlak 2) nie.


Lucia Schoombee
Navorsingsteun | Research support
Tel.: + 27 (0) 21 808-2125  * Faks | Fax: + 27 (0) 21 808-3723 * Web: www.sun.ac.za/library<http://library.sun.ac.za/>
 <http://www.sun.ac.za/library>


_____________________________________________
From: Klapwijk, WOUTER <wklap at sun.ac.za>
Sent: 05 August 2011 09:06
To: Van der Westhuizen, INGRID <ivdw at sun.ac.za>
Cc: Du Plessis, Pieter <pdupless at sun.ac.za>; Gibson, Hilton <hgibson at sun.ac.za>; Van Wyk, Elbie <ejvw at sun.ac.za>; Pretorius, Delene <dp2 at sun.ac.za>; Smith, Ina <ismith at sun.ac.za>; Malherbe, N, Mev <nmalherbe at sun.ac.za>; Schoombee, LUCIA <lcs1 at sun.ac.za>
Subject: RE: Webkomitee vergadering


Hi Ingrid,

Geen probleem, dit is belangrik dat ons nou duidelikheid hieroor kry want ek skryf nou die specs op vir die Search Box n.a.v. alle bywerkings wat ons gaan aanbring na gister se vergadering.  Die finale specs gaan vandag na die ontwikkelingspan.

1.      Die ALL opsie sal ALLE format binne Aleph soek.  Verfyning kan uitgevoer word wanneer die SUNSearch resultaatlys vertoon word.  Ek sal 'n mouse-over insit wat dit so verduidelik.  Om teks en mouse-overs later te verander is o.k., solank die soekfunksies nou gefinaliseer word (die "connectors" in die agtergrond moet gekodeer word).
2.      Ek skat ons behoort nog so tot einde Aug aan die webblad se "labelling" te kan verander (na bSOLVe elke site collection import/restore), maar hoe gouer die versoeke deurgegee word hoe beter.   Ek dink dit sal goed wees as ons hierdie versoeke finaliseer tydens die web komitee verg van 18 Aug.

Groete,
Wouter

________________________________________________________
Wouter Klapwijk
Senior software specialist
Library and Information Service, Stellenbosch University
Tel: +27 21 808-4378, Fax: +27 21 808-3723, Mobile: 083 3888 270
http://library.sun.ac.za<http://library.sun.ac.za/>


_____________________________________________
From: Van der Westhuizen, INGRID <ivdw at sun.ac.za>
Sent: 05 August 2011 08:43 AM
To: Klapwijk, WOUTER <wklap at sun.ac.za>
Cc: Du Plessis, Pieter <pdupless at sun.ac.za>; Gibson, Hilton <hgibson at sun.ac.za>; Van Wyk, Elbie <ejvw at sun.ac.za>; Pretorius, Delene <dp2 at sun.ac.za>; Smith, Ina <ismith at sun.ac.za>; Malherbe, N, Mev <nmalherbe at sun.ac.za>; Schoombee, LUCIA <lcs1 at sun.ac.za>
Subject: RE: Webkomitee vergadering


Hallo Wouter

Vergun my asb. twee vrae  n.a.v. gister se vergadering...

1)      Wanneer daar gesoek sal word na ALL onder die BOOKS tab, sal daar gesoek word oor alle formate binne Aleph rekords (tipies die huidige katalogus) en dat dit bladmusiek, dvd's ens. sal insluit? Ek neem aan dis korrek?  en indien wel,  kan dit pertinent met die mouseover ingesluit word?

2)      Is daar not tyd en indien wel, tot wanneer  kan die benamings, bv. Holdings,   op die Takbiblioteke se mockup nog verander word?  (hierdie was ter sprake  by vorige vergadering)

Dankie en groete
Ingrid



-----Original Appointment-----
From: Klapwijk, WOUTER <wklap at sun.ac.za>
Sent: 29 July 2011 17:19
To: Du Plessis, Pieter <pdupless at sun.ac.za>; Gibson, Hilton <hgibson at sun.ac.za>; Van Wyk, Elbie <ejvw at sun.ac.za>; Schoombee, LUCIA <lcs1 at sun.ac.za>; Van der Westhuizen, INGRID <ivdw at sun.ac.za>; Pretorius, Delene <dp2 at sun.ac.za>; Malherbe, N, Mev <nmalherbe at sun.ac.za>; Smith, Ina <ismith at sun.ac.za>; Klapwijk, WOUTER <wklap at sun.ac.za>
Subject: Webkomitee vergadering
When: 04 August 2011 14:30-16:30 (GMT+02:00) Harare, Pretoria.
Where: Tegniese Dienste komiteekamer


AGENDA for meeting of 2011/08/04:

1.Content capture
Backup for Natasja.
Language revision: Afrikaans and English
Planning of process

2.Forms (incl. CAPTCHA license)
Suggestions form
InfoPath versus ASP.NET
ILL form
Other forms
CAPTCHA license

3.Libguides
Dates
Information Literacy

4.Blogs
Multilingual
Multi threaded

5. Next meetings
Preparation for SP2010 training
Page layouts, styling, photos
Documents and remainder of web content


'n Twee-weeklikse webkomitee vergadering om vordering met die implementering van die nuwe webtuiste te monitor en bestuur.

Vergaderings sal gekanselleer word as daar nie belangrike agenda punte is om te bespreek nie.   Agendas sal voor die vergaderingdatums uitgestuur word.

Nie alle komiteelede hoef elke vergadering by te woon nie.   Enige addisionele personeel is ter enige tyd welkom om die vergadering by te woon.

Staande komiteelede is:
Wouter Klapwijk (sameroeper en voorsitter)
Ina Smit (webblad implementering koordinering)
Natasja Malherbe (inhoud bestuurder)
Delene Pretorius (FB Hoof)
Ingrid vd Westhuizen (Tak verteenwoordiger)
Lucia  Schoombee (RC Bestuurder)
Elbie van Wyk (LC Bestuurder)
Hilton Gibson (stelseladministrateur)
Pieter du Plessis (Fakulteitsbibliotekaris)

Opsioneel:
Reggie Raju (Direkteur: IT en Kommunikasie)

Dankie vir almal se samewerking in die verband.

Wouter


-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110806/0337379a/attachment-0001.html>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: Picture (Device Independent Bitmap) 1.jpg
Type: image/jpeg
Size: 8097 bytes
Desc: Picture (Device Independent Bitmap) 1.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110806/0337379a/attachment-0002.jpg>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: Picture (Device Independent Bitmap) 2.jpg
Type: image/jpeg
Size: 4509 bytes
Desc: Picture (Device Independent Bitmap) 2.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110806/0337379a/attachment-0003.jpg>


More information about the Wcm mailing list