[SUNScholar] SUNSCholar News/Nuus: 21/07/2010

Smith, Ina <ismith@sun.ac.za> ismith at sun.ac.za
Wed Jul 21 17:03:30 SAST 2010


Beste kollegas

Nuus vanaf die SUNScholar-kantoor:

Welwillendheidsbesoeke aan die Fakulteite
Ellen Tise en Elda Nolte is in die proses om welwillendheidsbesoeke te bring aan dekane van Fakulteite. SUNScholar is een van die baie temas wat met die dekane bespreek sal word. Ons wens hulle alles van die beste toe gedurende hierdie besoeke, wat sal plaasvind vanaf middel-Julie tot begin Augustus.

Ellen en Reggie het ook 'n SUNScholar-aanbieding gedoen aan Universiteitsbestuur op 8 Junie 2010.

Besoeke aan departemente
Ons word van tyd tot tyd uitgenooi om besoeke te bring aan departemente om aanbiedings te doen oor SUNScholar. Die mees onlangse aanbieding is gedoen by die Dept. Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese op Maandag 19 Julie 2010. Kliek hier<https://scholar.sun.ac.za/xmlui/handle/10019.1/378> om na die aanbiedings te kyk.

Reëlings re SUNScholar-kantoor
Neem asb. kennis dat Paulette Talliard 50% van die tyd werk vir e-Bronne, en 50% van haar tyd vir SUNScholar. Haar ure is:

Maandag 8:00 - Woensdag 12:45: e-Bronne Tel. no.: 021 808 2411
Woensdag 13:45 - Vrydag 16:00: SUNScholar Tel. no.: 021 808 9046

Die ander lede van die SUNScholar-span is: ekself (rapporteer aan dr Reggie Raju), Hilton Gibson (rapporteer aan Wouter Klapwijk) en Wouter Klapwijk (Hoof: Biblioteek IT-afdeling -rapporteer aan dr Reggie Raju). Die hele IT-afdeling verleen van tyd tot tyd hulp met SUNScholar wanneer ons nie beskikbaar is nie - baie dankie aan almal van julle. Ook baie dankie aan ander personeellede, katalogiseerders en fakulteitsbibliotekarisse wat SUNScholar bemark en hierdie inisiatief van Biblioteekbestuur ondersteun.

Verpligte oplaai van tesisse en verhandelinge
Dit is verpligtend vir alle nagraadse studente vanuit alles departemente om hul tesisse/verhandelinge op SUNScholar te laai.  Help ons asb. om SUNScholar so volledig moontlik te kry. Nuwe nominasies neem 'n aanvang op 1 September 2010.

Soek van tesisse/verhandelinge op SUNScholar
Gebruik  Advanced Search om te soek vir 'n tesis/verhandeling. Kies by "Type", en tik "Thesis" (DC gestandaardiseerde woordeskat vir tesisse/verhandelinge).

Het jy al aangesluit by Oop Toegangsweek?
Wys asb. dat jy oop toegang tot inligting ondersteun deur aan te sluit by Oop Toegangsweek: http://www.openaccessweek.org/

Inligting re SUNScholar
Oop Toegang: http://wiki.lib.sun.ac.za/index.php/SUNScholar/Open_Access
Kopiereg: http://wiki.lib.sun.ac.za/index.php/SUNScholar/Copyright
Uitgewers se beleide: http://wiki.lib.sun.ac.za/index.php/Main_Page - Kliek op naam van departement >> Lys van tydskriftitels
Pamflette: http://wiki.lib.sun.ac.za/index.php/SUNScholar/Information
Voorgestelde Tydlyn: http://wiki.lib.sun.ac.za/index.php/SUNScholar/Release_Schedule
Voorgestelde Besigheidsplan: http://bib.sun.ac.za/images/7/79/Business_plan_sunscholar.pdf
SUNScholar Nuusblog: http://blogs.sun.ac.za/sunscholar/
Ander inligting: http://wiki.lib.sun.ac.za/index.php/SUNScholar

Bogenoemde inligting word op die SUNScholar wiki gedokumenteer, wat beteken dit is werk in proses.

Opleidingsdatums
Tesisse en verhandelinge - besoek en registreer by: http://blogs.sun.ac.za/sunscholar/2010/07/17/58/
Algemene  SUNScholar-opleiding: http://blogs.sun.ac.za/sunscholar/2010/06/23/sunscholar-training-29-july-sunscholar-opleiding-29-julie/

Posisie van repositories binne Suid-Afrika op Webometrics
Beskikbaar by http://repositories.webometrics.info/top800_rep_inst.asp?zoom_highlight=stellenbosch&offset=0 Suid-Afrika is sommer goed verteenwoordig hier!

'n Opsomming (14 in totaal):

65 UPeTD
237 Rhodes
245 CSIR
274 UJ
296 UPSpace
378 US
427 UNISA
524 UWC
540 Free State
544 UCT
562 DUT
687 US
734 WITS
759 CPUT
771 US
796 NW

Dra asb. by, maak voorstelle en deel idees - alles in die gees van web 2 en oop toegang!

Met vriendelike groete
Ina (namens die SUNScholar-span)
________________________________

Dear all

Just an update from the SUNScholar Office:

Courtesy visits to Faculties
Ellen Tise and Elda Nolte are in the process of paying courtesy visits to the deans of Faculties. SUNScholar will be discussed with deans amongst many other library-related issues. We wish them all the best with these visits, which will take place from mid July until the beginning of August.

Ellen and Reggie also gave a presentation on SUNScholar to University Management on 8 June 2010.

Visits to departments


More information about the Scholar mailing list