[Wcm] Web-design course

Smith, Ina <ismith@sun.ac.za> ismith at sun.ac.za
Thu May 31 10:51:06 SAST 2012


http://blogs.sun.ac.za/news/af/2012/05/22/web-texts-and-web-sites-the-complete-package-5/

Webtekste en webwerwe: Die volle pakket

[cid:image001.png at 01CD3F1B.480B7630]May 22, 2012 [cid:image002.png at 01CD3F1B.480B7630] 0 Opmerkings<http://blogs.sun.ac.za/news/af/2012/05/22/web-texts-and-web-sites-the-complete-package-5/#respond>

Webwerwe is 'n onontbeerlike kommunikasiemiddel vir enige instansie of maatskappy. 'n Effektiewe webwerf wat voldoen aan die lesers en kliënte se behoeftes, is daarom ook ononderhandelbaar.

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied vanaf 4 - 8 Junie 2012 'n omvattende werkswinkelreeks aan oor die ontwerp, ontwikkeling en instandhouding van 'n webwerf. Ons wil deelnemers graag toerus om 'n betekenisvolle rol in alle aspekte van webbladontwerp en -bestuur te speel, en sal fokus op beide die inhoudelike en die tegniese aspekte van 'n webblad.

Die werkswinkelreeks bestaan uit drie afsonderlike sessies, wat 'n logiese geheel vorm. Belangstellende persone kan egter na behoefte vir die afsonderlike sessies inskryf. Besoek ons webwerf vir meer inligting oor die afsonderlike sessies:

Sessie 1: Webtekste: Ontwerp effektiewe aanlyn-kommunikasie (4 - 5 Junie)

Sessie 2: Grafiese elemente met Photoshop (6 Junie)

Sessie 3: Ontwikkel webwerwe met Dreamweaver (7 - 8 Junie)

Ons bied al drie sessies in 'n rekenaargebruikersarea aan. Die werkswinkelreeks is op beginners gemik, maar 'n basiese rekenaarvaardigheid en gemak in die Windows-omgewing is 'n vereiste.

Koste

Sessie 1: R2 560

Sessie 2: R1 710

Sessie 3: R2 560

US personeel kry 10% afslag.

Die werkswinkelreeks word in Engels aangebied, met 'n taalvriendelike aanbod tussen Afrikaans en Engels. Ons kan slegs 20 deelnemers per sessie akkommodeer, en die sluitingsdatum is 25 Mei 2012. Kontak ons dus so gou moontlik, of besoek ons webwerf (www.sun.ac.za/taalsentrum<http://www.sun.ac.za/taalsentrum>), om jou inskrywingsvorm te bekom. Ons kontakpersoon is: Audrey Poole (021 808 2167 / taalsentrum at sun.ac.za<mailto:taalsentrum at sun.ac.za>).


Ina Smith

[cid:image003.png at 01CD3F1B.480B7630]<http://www.berlin10.org/>


E-Research Repository Manager (SUNScholar) | Library and Information Service | Stellenbosch University | Private Bag X5036, 7599 | South Africa
http://scholar.sun.ac.za | http://www.journals.ac.za | E-mail: ismith at sun.ac.za<mailto:ismith at sun.ac.za> | Tel:  +27 21 808 9139 | Skype: smith.ina | Office hours: Mo-Fr: 08h00-16h30

E-Navorsingsbewaarplekbestuurder (SUNScholar) | Biblioteek- en Inligtingsdiens | Universiteit Stellenbosch | Privaatsak X5036, 7599 | Suid-Afrika
http://scholar.sun.ac.za  | http://www.journals.ac.za | E-pos: ismith at sun.ac.za<mailto:ismith at sun.ac.za> | Tel:  +27 21 808 9139 | Skype: smith.ina | Kantoorure: Mo-Fr: 08h00-16h30


[cid:image004.jpg at 01CD3F1B.480B7630]


________________________________
E-pos vrywaringsklousule

Hierdie e-pos mag vertroulike inligting bevat en mag regtens geprivilegeerd wees en is slegs bedoel vir die persoon aan wie dit geadresseer is. Indien u nie die bedoelde ontvanger is nie, word u hiermee in kennis gestel dat u hierdie dokument geensins mag gebruik, versprei of kopieer nie. Stel ook asseblief die sender onmiddellik per telefoon in kennis en vee die e-pos uit. Die Universiteit aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige skade, verlies of uitgawe wat voortspruit uit hierdie e-pos en/of die oopmaak van enige lêers aangeheg by hierdie e-pos nie.

E-mail disclaimer

This e-mail may contain confidential information and may be legally privileged and is intended only for the person to whom it is addressed. If you are not the intended recipient, you are notified that you may not use, distribute or copy this document in any manner whatsoever. Kindly also notify the sender immediately by telephone, and delete the e-mail. The University does not accept liability for any damage, loss or expense arising from this e-mail and/or accessing any files attached to this e-mail.
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20120531/079883a1/attachment-0001.html>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image001.png
Type: image/png
Size: 663 bytes
Desc: image001.png
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20120531/079883a1/attachment-0003.png>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image002.png
Type: image/png
Size: 426 bytes
Desc: image002.png
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20120531/079883a1/attachment-0004.png>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image003.png
Type: image/png
Size: 15772 bytes
Desc: image003.png
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20120531/079883a1/attachment-0005.png>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image004.jpg
Type: image/jpeg
Size: 1485 bytes
Desc: image004.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20120531/079883a1/attachment-0001.jpg>


More information about the Wcm mailing list