[Wcm] InfoPath opleiding: skep van aanlynvorms

Malherbe, N, Mev <nmalherbe@sun.ac.za> nmalherbe at sun.ac.za
Mon Jun 4 14:49:18 SAST 2012


Goeiemiddag Kollegas,

Die opleidingsmateriaal vir die skep van InfoPath vorms is opgedateer en nou beskikbaar by http://wiki.bib.sun.ac.za onder Website - Training - InfoPath vorms of direk by http://wiki.bib.sun.ac.za/index.php/InfoPath_forms.
Die toetsruimte wat geskep is vir die speel met vorms op SharePoint is by http://author.bib.sun.ac.za/sandbox.

Daar sal by Donderdag se webvergadering 'n lys van vorms in FrontPage, .doc en .pdf formate wat tans op die web bestaan aan die komitee voorgelê word sodat verantwoordelike persone/afdelings vir die oorskep van die vorms in InfoPath geïdentifiseer kan word.

Groete,
Natasja

From: wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za [mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za] On Behalf Of Malherbe, N, Mev <nmalherbe at sun.ac.za>
Sent: 21 May 2012 11:14 AM
To: wcm at lists.lib.sun.ac.za
Subject: Re: [Wcm] InfoPath opleiding: skep van aanlynvorms

Goeiemôre Kollegas,

Heelparty personeel het reeds aangedui dat hulle 1 Junie vir die InfoPath vorm opleiding beskikbaar is. Ons gaan dus voort met die opleidingsessie soos beplan vir 14:00-16:00, 1 Junie, in die e-lokaal. Dagboek asb.
Baie dank by voorbaat.
Natasja

From: wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za<mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za> [mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za]<mailto:[mailto:wcm-bounces at lists.lib.sun.ac.za]> On Behalf Of Malherbe, N, Mev <nmalherbe at sun.ac.za<mailto:nmalherbe at sun.ac.za>>
Sent: 17 May 2012 16:02
To: wcm at lists.lib.sun.ac.za<mailto:wcm at lists.lib.sun.ac.za>
Subject: [Wcm] InfoPath opleiding: skep van aanlynvorms

Goeiemiddag Kollegas,

Soos almal weet, is die aanlynvorms wat voorheen met Frontpage ontwikkel is, nie tydens die implementeringsfase van die webblad met Sharepoint oorgedra nie.  Bykomend daartoe het die Biblioteek se behoeftes t.o.v. aanlyn kliënte-interaksie ook intussen meer gevorderd geraak, en daarom is 'n enkele oplossing t.o.v. vormontwikkeling nie 'n aangewese roete nie.  Vir hierdie redes word daar 3 produkte (bykomend tot Ask-a-Librarian) voorgehou om sodoende ons interaksie deur ons webtuiste met studente en dosente te verbeter:

LibCal (van Libguides) - tans in toetsfase vir opleiding- en konsultasiebesprekings.
Condeco - tans in aankoopproses vir lokaalbesprekings.
InfoPath Designer - Office2010 funksionaliteit vir die skep van standaard aanlynvorms in SharePoint. Voorbeeld<http://library.sun.ac.za/Afrikaans/services/az/oa/Lists/OAFund/Item/newifs.aspx?Source=/Afrikaans/services/az/oa/Pages/oa-fund-request.aspx>

Al 3 produkte het hul voorkeur funksionaliteit, en al 3 produkte moet sodoende ondersoek word vir die mees gepaste aanwending.  Ons is gereed om te begin met InfoPath Designer.

Vir diegene wat dus belangstel in InfoPath opleiding, dui asb. aan per antwoord e-pos ("reply") aan my of Vrydag 1 Junie, 14:00 - 16:00 in die e-lokaal jou sal pas vir so 'n opleidingsessie.

Baie dank by voorbaat.
Natasja
____________________________________________
Natasja Malherbe
Informasietegnologie /  Information Technology
US Biblioteek- & Inligtingsdiens   /  SU Library & Information Service
Stellenbosch University, Private Bag X5036, 7599, South Africa
Tel:  +27 21 808 2845                                Fax: +27 21 808 3723
http://library.sun.ac.za<http://library.sun.ac.za/>

[cid:image003.png at 01CD4261.37D77360]<http://www.berlin10.org/>


________________________________
E-pos vrywaringsklousule

Hierdie e-pos mag vertroulike inligting bevat en mag regtens geprivilegeerd wees en is slegs bedoel vir die persoon aan wie dit geadresseer is. Indien u nie die bedoelde ontvanger is nie, word u hiermee in kennis gestel dat u hierdie dokument geensins mag gebruik, versprei of kopieer nie. Stel ook asseblief die sender onmiddellik per telefoon in kennis en vee die e-pos uit. Die Universiteit aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige skade, verlies of uitgawe wat voortspruit uit hierdie e-pos en/of die oopmaak van enige lêers aangeheg by hierdie e-pos nie.

E-mail disclaimer

This e-mail may contain confidential information and may be legally privileged and is intended only for the person to whom it is addressed. If you are not the intended recipient, you are notified that you may not use, distribute or copy this document in any manner whatsoever. Kindly also notify the sender immediately by telephone, and delete the e-mail. The University does not accept liability for any damage, loss or expense arising from this e-mail and/or accessing any files attached to this e-mail.
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20120604/0e20d616/attachment-0001.html>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image003.png
Type: image/png
Size: 65766 bytes
Desc: image003.png
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20120604/0e20d616/attachment-0001.png>


More information about the Wcm mailing list