[Wcm] Staak inhoudvaslegging op Sharepoint vanaf 11:00 - 17:00 Vrydag 23 September

Klapwijk, WOUTER <wklap@sun.ac.za> Wklap at sun.ac.za
Fri Sep 23 09:27:04 SAST 2011


Hallo,

Weens veranderinge wat aan die hierargie van die webtuiste op Sharepoint aangebring moet word, versoek die webkomitee dat alle inhoudvaslegging tussen 11:00 - 17:00 vandag gestaak word.

Dit is om toe te laat dat die  Branches, How Do I, Services A-Z, Learning Commons en Research Commons bladsye omgeskakel word na Sharepoint sub-sites om sodoende die inligtingsargitektuur (oftewel "Information Architecture" of wireframe) van die webblad beter te struktuur.   Dit behels o.a. ook die skuif van bestaande bladsye in die nuwe strukture, die herbenaming van bladsye (om die beskrywings kort en generies te hou) asook die opstel van die navigasie strukture ("current navigation") vir elke vlak.

Geen werk wat tot dusver gedoen is word hierdeur geaffekteer nie,  bestaande bladsye sal nog steeds op 'n logiese wyse vindbaar wees en die struktuur van die webblad sal nie ooglopende vir die eindgebruiker verander nie

Bevestiging sal gestuur word sodra die aanpassings gemaak is, te same met instruksies hoe addisionele keuses uitgeoefen kan word om die navigasiestrukture aan te pas (soos volgordes, bewoording, addisionele skakels, ens.).

Groete,
Wouter

________________________________________________________
Wouter Klapwijk
Senior software specialist
Library and Information Service, Stellenbosch University
Tel: +27 21 808-4378, Fax: +27 21 808-3723, Mobile: 083 3888 270
http://library.sun.ac.za<http://library.sun.ac.za/>

-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110923/f002e17a/attachment.html>


More information about the Wcm mailing list