[Wcm] Projek: Uitrol van die nuwe biblioteekwebbladsy

Smith, Ina <ismith@sun.ac.za> ismith at sun.ac.za
Wed Jul 6 08:32:17 SAST 2011


Kollegas

Julle het waarskynlik al 'n e-pos ontvang wat julle welkom heet by die wcm-e-poslys. Wcm is 'n afkorting vir "Web Content Management".

Doel van die lys
Kommunikasie is uiters belangrik en bepalend vir die sukses van enige projek. Hierdie lys is om seker te maak almal is te alle tye op hoogte van vordering wat gemaak is, en dat ons binne die tydlyn bly. Gebruik ook asb. die lys om gedagtes uit te ruil, mekaar te help, vrae te vra, ens. Neem asb. die vrymoedigheid om alle kollegas wat belang by die biblioteekweb het, of wat dalk belangstel om op hoogte te bly, te versoek om op hierdie e-poslys te registreer by: http://lists.lib.sun.ac.za/mailman/listinfo/wcm Jy kan jouself ook van hierdie lys afhaal indien jy hierop ingeteken is, maar nie hierop hoort nie. Om iets aan die groep te stuur, gebruik die volgende adres: wcm at lists.lib.sun.ac.za<mailto:wcm at lists.lib.sun.ac.za>

Tans is die volgende geregistreer:
hgibson at sun.ac.za
ismith at sun.ac.za
rraju at sun.ac.za
nmalherbe at sun.ac.za
dp2 at sun.ac.za
offcampus at sun.ac.za
deb1 at sun.ac.za
yr at sun.ac.za
pdupless at sun.ac.za
ms9 at sun.ac.za
nh at sun.ac.za
mmvw at sun.ac.za
sdw at sun.ac.za
bibebw at sun.ac.za
wklap at sun.ac.za
ivdw at sun.ac.za
ejvw at sun.ac.za
lcs1 at sun.ac.za
maj at sun.ac.za
julian at sun.ac.za
santiedj at sun.ac.za
idl at sun.ac.za
pdv at sun.ac.za
sf1 at sun.ac.za
adl at sun.ac.za
alvinam at sun.ac.za
mr at sun.ac.za
mseyf at sun.ac.za
ssmit at sun.ac.za
plt at sun.ac.za
ralph at sun.ac.za
lize at sun.ac.za

Web-projek
Die implementering van die web-projek strek vanaf 1 Julie tot 31 Oktober, waarna die eerste fase afgehandel sal wees. Dit is met die oog op die besoek deur Carnegie op 17 November. Daarna sal dit deel wees van die betrokkenes se daaglikse verantwoordelikhede, soos dit reeds is. Die web kan dan verder uitgebrei word, en nuwe funksionaliteite kan bygevoeg word. Meer inligting oor die ontwikkeling en die uitrol volg Maandag 11 Julie 2011.

Die ou en nuwe projek sal aanvanklik in parallel loop, totdat die nuwe web volledig is en volledige evaluerings gedoen is. 'n Rugsteun van beide sal voortdurend gemaak word, sodat geen inligting verlore gaan nie.

Web-projekte (Fase 1)

Daar is tans 3 web-projekte geregistreer (web + 2 addisioneel), wat teen 31 Oktober 2011 afgehandel moet wees:

Web-projek (Projekbestuurder: Ina Smith; Tegniese Analis: Wouter Klapwijk)
Mobiele web (Projekbestuurder: Marc-Allen Johnson (IT); Tegniese Analis: Wouter Klapwijk)
Integrering van PrimoSearch/My Library as deel van die web ((Projekbestuurder: Julian Robertson (IT); Tegniese Analis: Wouter Klapwijk)

Ander rolle:

Content Coordinator: Natasja Malherbe (also responsible for coordinating training)
Trainer: Natasja, Hilton, Wouter & students (Delene to coordinate students)
Content Contributors (All)
Content Approvers, incl. person required to sign-off English and Afrikaans versions of templates by bSOLVe (All)

Vordering tot dusver
Verskeie vergaderings is al gehou, en baie beplanning is in die agtergrond gedoen. Wouter, Natasja en Hilton het ook opleiding by bSOLVe gekry, en Natasja en Lucia het die ou en nuwe web met mekaar vergelyk en 'n "site map" gedoen, wat dit sommer baie maklik vir almal sal maak om te weet waar pas wat in op die nuwe web. Baie dankie ook aan Lucia, Wouter en ander vir al die werk wat saam met Nimbleminds gedoen is om die web by hierdie punt te kry.

Almal wat tans vir webbladsye verantwoordelik is, is meer as welkom om asb. solank te begin om die inhoud te hersien, skakels te toets, ens. Dit sal dit net makliker maak wanneer die nuwe stelsel op 1 Augustus beskikbaar is, wanneer begin kan word met die oordra van die inhoud op die nuwe web.

Ten slotte
'n Verslag sal opgestel word oor die web en aan bestuur deurgegee word. Sodra goedgekeur, kommunikeer ons meer inligting aan julle.

Baie dankie aan almal solank om - midde jul baie ander werk en verantwoordelikhede - hierdie in te pas. Ek is seker almal sien uit na hierdie baie mooi nuwe web, wat dit baie maklik vir onsself en ons gebruikers gaan maak. Gaan kyk gerus by http://web.lib.sun.ac.za/library-website/CSS/html/ om 'n voorskou te kry. Ons gaan ook alles in ons vermoë doen om elkeen van julle te help en by te staan waar nodig.

Indien julle vrae het, kontak enigeen van ons gerus (Wouter, myself, Hilton, Natasja), en ons probeer ons bes om julle solank te antwoord. Alles m.b.t. die web sal ook op die wiki gedokumenteer word wat Hilton vir ons geskep het: http://wiki.bib.sun.ac.za/index.php/Website

Groete
Ina


Ina Smith
[cid:image001.jpg at 01CC3BB1.A8FC77F0]<http://twitter.com/#!/usscholar>  [cid:image002.jpg at 01CC3BB1.A8FC77F0] <http://www.facebook.com/pages/University-of-Stellenbosch-Scholar/181640938009>   [cid:image003.jpg at 01CC3BB1.A8FC77F0] <http://blogs.sun.ac.za/sunscholar/>
E-Research Repository Manager (SUNScholar) | Library and Information Service | University of Stellenbosch | Private Bag X5036, 7599 | South Africa
http://scholar.sun.ac.za | http://oa.sun.ac.za | E-mail: ismith at sun.ac.za<mailto:ismith at sun.ac.za> | Tel:  +27 21 808 9139 | Skype: smith.ina | Office hours: Mo-Fr: 08h00-16h30

E-Navorsingsbewaarplekbestuurder (SUNScholar) | Biblioteek- en Inligtingsdiens | Universiteit van Stellenbosch | Privaatsak X5036, 7599 | Suid-Afrika
http://scholar.sun.ac.za  | http://oa.sun.ac.za | E-pos: ismith at sun.ac.za<mailto:ismith at sun.ac.za> | Tel:  +27 21 808 9139 | Skype: smith.ina | Kantoorure: Mo-Fr: 08h00-16h30


[cid:image005.jpg at 01CC3BB7.37061060]
Confidentiality Notice: This message (including attachments) is intended for the person/entity to whom it is addressed and contains privileged and confidential information. Should the reader hereof not be the intended recipient, kindly notify the sender immediately by return e-mail, delete the original message and do not use, disclose, distribute or copy it.

-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110706/da2dacd5/attachment-0001.html>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image001.jpg
Type: image/jpeg
Size: 845 bytes
Desc: image001.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110706/da2dacd5/attachment-0004.jpg>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image002.jpg
Type: image/jpeg
Size: 666 bytes
Desc: image002.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110706/da2dacd5/attachment-0005.jpg>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image003.jpg
Type: image/jpeg
Size: 887 bytes
Desc: image003.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110706/da2dacd5/attachment-0006.jpg>
-------------- next part --------------
A non-text attachment was scrubbed...
Name: image005.jpg
Type: image/jpeg
Size: 1485 bytes
Desc: image005.jpg
URL: <http://lists.lib.sun.ac.za/pipermail/wcm/attachments/20110706/da2dacd5/attachment-0007.jpg>


More information about the Wcm mailing list